2014 2WHEREVER UGANDA

DSC03796DSC03802

 

Ons beplanning vir die Afrika trip is goed onderweg en dis maar nog net 6 dae voor die ankers gelig word en daar noordwaarts gevaar word.

Die laaste 2 weke is ons hard besig met die beplanning en laaste aankope van goedere en mens is net wereens verstom hoe dit ‘n mens se sak ruk om so trip aan te pak.

My bakkie was laas Vrydag in vir sy 160 000km diens en die werktuig kundige het voorgestel dat die volgende vervang moet word: waaier band, rem skoene, koppelaar. Dus kom my bakkie vandag van die volgende diens af om seker te mak hy is gesond en reg vir die rei swat voorle.

Ons het 2 weke oor om nog ‘n klomp kleiner admin af te handel en die laaste goed aan te koop. Enige groot reis het altyd 2 weke voor die vertrek nog klomp onverwagte goed om af te handel daarom moet mens genoeg tyd toelaat.

Laas Saterdag het ons ‘n toets pak sessie gehad in die bakkie om te kyk of alles inpas en gelukkig lyk dit of ons net-net als sal inkry. Pak spasie is altyd ‘n probleem, of mens nou met ‘n motorfiets reis of met ‘n dubbel kajuit bakkie.

Ek het besluit om geen ekstra modifikasies aan diebakkie te doen soos bv lang afstand tenks, dak rak, dak tente, winch, high lift jack, shocks ens. Valkie (bakkie) gaan net soos hy is met sy nuwe Continetal (voor) en Firstone bande agter wat ek as geskenk gekry het.

Ons Carnet de Passage (soos ‘n paspoort vir jou voertuig) het laasweek ge-arriveer so nou is die grootse admin uitgesorteer.

Vir enige van julle wat binnekort so reis beplan volg ‘n lys hieronder van die belangrike goed wat gereel moet word:

  • Carnet de Passage
  • Paspoorte moet geldig wees
  • Reis versekering en medies
  • Voertuig moet gediens wees
  • Spaar parte moet gekoop word
  • Inentings to moontlike tropiese siektes
  • Malaria medikasie
  • Kamp toerusting
  • Groot water tenk vir was en gebruik
  • Jou bank moet in kennis gestel word
  • Jou voertuig versekrings maatskappy moet in kennis gestel word
  • Jou mediese fonds moet in kennis gestel word
  • Nodige finansiele aftrekkings terug by die huis moet gedoen word
  • Jerry kanne vir ekstra diesel
  • Goeie kamera met genoeg spasie en backup
  • Alle belangrike dokumente sowel as afskrifte daarvan
  • US Dollars moet gekoop word
  • Inligting vir al die verskeie lande moet gekry word
  • Kaarte en GPS ge-aktiveer
  • Yskas/vrieskas vir voertuig
  • Alle stickers op voertuie
  • Goeie musiek vir die reis

 

 

 

 

Leave a Reply