TWEE DAE TO VERTREK – Zimbabwe hier kom ons!

IMG_0078 IMG_0081

 

Die tyd het uiteindelik aangebreek!

Dis vandag Sondag 09:42 AM, 45 ure voor die vertrek van ons groot oorland reis deur Suiderlike en Oos-Afrika. Die volgende interressante plekke soos wes-Tanzanie, Burundi (‘n 1ste vir my), Rwanda, Uganda en die prag Malawi meer le vir ons en wag. Binnekort le ons voetspore verspreid oor die lande en ons kom terug as verrykte mense. Ons sien veral uit na die mooi sons opkomste en ondergangse wat die Afrika kontinent mens so dikwels bied.  Afrika is n plek van mense met warm en welkome harte!

My swaer en sy verloofde (Nico en Zandeli) trou Maandag in Brits, waar ons dan die pad noorde toe sal vat  na Botswana. Ons het vriende wat reeds gister vertrek het oppad na die Mana Poele NP in noord-Zimbabwe. Daar word met groot lof gepraat van die park met sy natuurskoon en primitiwiteit. Blykbaar kom soek die olifante vrugte in mens se tente,daarom is dit nie toegelaat in die park  nie.  Ons beplan om tussen 2 en 3 dae na ons vertrek by hulle aan te sluit in die park.

Gister het ons die bakkie gepak en gelukkig kom alles in. My pa het ons gehelp om die spaar band vas te maak, my canopy se arms reg te maak, die messe skerp te maak, vir ons n moerbalk te saag vir domkrag bestutting en paar ander ekstras.

Deon en Cats het ons Vrydag kom groet en ons sterkte toe gewens met die lang tog.

Ons plan is dan om 3 aande in die Mana Poele te slaap, van daar oor die magtige Kariba dam wal te ry om Zambie in te gaan. Na aankope in Lusaka draai Valkie(bakkie) sy neus ooswaarts tot in die Suid-Luangwa NP. Dis blykbaar die beste park in Zambie vir wildkyk met ongelooflike natuurskoon. Hier sal ons vier aande slaap waar ons reis kollegas Eri,Jerome, Christian en Melissa Mosambiek se kant toe sal draai en ons dan verder na Malawie toe.

Valkie het paar groot operasies ondergaan voor die trip begin wat my tot die week nog besig gehou het. Na sy groot 160 duisend km diens was die waaierband en koppelaar verbang sowel as balansering ens.

Ons oorkruis Dinsdag ‘n klien grenspos tussen SA en Botswana met die naam Zanzibar. Dit klink baie eksoties,maar is eitnlik maar net ‘n klein stil pos in die noorde van die bosveld om die besige Beitbrug tussen Zimbabwe en SA te vermy. Die volgende grenspos sal tussen Bots en Zim wees waar ons die Plumtree pos sal gebruik.

Kampeerders,karavaners, familie en vriende, ons gesels weer vanuit Zambie.

Reis groete en geseende Kersfees vir almal.

Andon&Riette

2Wherever Uganda

 

 

 

 

Leave a Reply